Versorgingseenheid en Dienste

Ellenrust Leefstyloord verseker ‘n omvattende fasiliteit:

  • Administrasie-kantoor
  • Kombuis
  • Eetsaal
  • Biblioteek
  • Ontspanningsaal

Die Versorgingseenheid word toegerus om pasiënte te huisves in verskillende stadia van swakheid. Bejaardes, wat nog tot ‘n groot mate onafhanklik is in hulle algemene daaglikse aktiwiteite, kan bystand versorging in die privaatheid van hulle eie huise ontvang.

Verswakte bejaardes wat bed-en of kamergebonde is, word in die verswakte eenheid versorg onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige. Sy word bygestaan deur bekwame en toegewyde stafverpleegsters, assistentverpleegsters en hulpverpleegsters. Daar word 24-uur mediese sorg en toesig in die Versorgingseenheid gelewer.

Bouwerk aan die eerste gedeelte van die Gesondheidsorgsentrum is reeds aan die gang. Tydens die laaste (derde) fase word die sentrum uitgebrei en voltooi.

Fase 3 van die Ontwikkeling sluit in die verkoop van enkelvertrek eenhede vir semi-verswakte bejaardes wat hulp en toesig benodig, maar nie noodwendig kamer-of bedgebonde is nie. Hierdie uitbreding is ‘n verlenging van die bestaande Versorgingseenheid.