Stilbaai

Wat maak Stilbaai die ideale aftree bestemming?

Die kusd is 26-kilometer vanaf die N2-hoofweg tussen Mosselbaai en Riversdal – dus maklik bereibaar en ideaal geleë. Die naaste nasionale lughawe is in George, 150 km vanaf Stilbaai Die bekende kusdorp, Mosselbaai, is 85 km vanaf Stilbaai. 

  • Kleinhandel

    In Stilbaai kan al die nodige kleinhandeldienste gevind word. Dit sluit in onder meer 3 groot kettingwinkels, uitstekende restaurante, koffiewinkels, haarsalonne, klerewinkels en vele meer.

  • Mediese Dienste

    Die mediese bystandsgeriewe in Stilbaai sorg vir die nodige gemoedsrus en daarom is Ellenrust Leefstyloord die perfekte keuse.

    Die Carewell Stilbaai Mediese Sentrum beskik oor ‘n dagkliniek, ‘n hospitaal vir sekondêre-kritiese behandelings, mediese praktisyns en fisioterapie dienste. Besoek gerus www.carewell.co.za vir meer inligting.

    Life Bay View Privaat Hospitaal in Mosselbaai is slegs 85km vanaf Stilbaai gele. Die moderne 147-bed fasiliteit offer nooddienste, gespesialiseerde toerusting en spesialiste dokters om enige mediese toestand te behandel. Dit sluit onder andere n intensiewe eenheid in, vyf teaters en n 24- uur noodeenheid. Besoek gerus die Bayview Phospitaal web ruimte vir meer inligting.

  • In Stilbaai hoef jy nooit stil te sit nie!

    Wel, miskien net lank genoeg om ‘n nota in jou voëlboek te maak van die voëls in die vleilande! Of gedurende die maande van Junie tot November die dolfyne en walvisse dop te hou wat n spesiale vertoning in die see kom hou.

    In die Stilbaai omgewing kan jy stap na hartelus in die verskeie natuurreservate en jou verlustig aan die fynbos op jou roete. Speel tennis, rolbal, jukskei, muurbal en ry bergfiets – want jy kan in Stilbaai!

    En as jy kon wens vir nog een ding – die Stilbaai Golfbaan is ‘n 72-par, 9 putjie baan met cynodon setperke.

    Maak jou goue jare, die beste jare van jou lewe in hierdie uitgesoekte juweel in ons land.